• hat.jpg
  • horses.jpg
  • kids.jpg
  • riding.jpg
  • saal.jpg

 

Articles

Liewe Elna,

dink nie jy kan jou enigsins voorstel net HOE uit hulle velle die meisiekinders gaan wees nie! 

Jy sal jou hande saam slaan as jy hoor watter slim plannetjies hulle al beraam het net om ‘n paar dae op Mooikrans te gaan spandeer!

Mooikrans het Tasha se hele lewe verander. Haar kop staan arbeidsterapie toe en wil spesialiseer in Equine Assisted Occupational Therapy. 

Haar drome is net plaas … perde (al is dit net een), ‘n windpomp, paar honne en vellies aan die voete maak haar skatryk!

Ons sal die webtuiste/facebook dophou vir die Januarie kampdatum dan, maar weet sommer hulle 3 sal BESLIS daar wees. 

Ek gaan solank my lysie opstel van kontakte by die omliggende hoërskole hier om ons, sodra jul nuwe brosjures beskikbaar is, stuur gerus aan, ek sal

met grootste liefde versprei!

 

Tonne tonne dankies vir die blessing van Mooikrans wat julle met ons kinders deel … mag dié seën 1000-voudig na julle terugkeer!

 

Petoorsdorp-groete,

Riana.

 

Proudly created by The Code Company © 2017 [Login][sitemap]