• Beautiful-sunset-and-horse-.jpg
  • Horses-roaming-the-Mooikran.jpg
  • Landscape-of-Mooikrans-Equu.jpg
  • Mooikrans-Equus-sunsert-vie.jpg
  • Mooikrans-Equus-sunset-(1).jpg
  • Mooikrans-horses-and-landsc.jpg

 

Leon Susan

Liewe Tannie Elna, "Ons gaan kamp op ‘n perde kamp daar naby Amersfoort …." was my "volks lied" vanaf 2002 tot 2017. In hierdie tydperk het ek altesaam 11 kampe op Mooikrans...

Lees meer

 

Karen Comely

It is with great pleasure that I write this response for you!

I truly believe that when we arrange a function or activity for our Reddam students that it needs to be a worthwhile experience...

Lees meer

Articles

This place is a little piece of heaven. 

The vibe, the people, the animals, the atmosphere is just so welcoming and relaxing.  I would definitely recommend this to anyone. 

Angela

PRETORIA


Dankie vir dit wat julle my kind geleer het daar, en die vrees om weer op ñ perd te klim, het hy by julle oorkom. Hy lief weer van vooraf perde te danke aan julle. (Hy het van ñ perd afgeval jare terug en was vir jare te bang om weer op ñ perd te klim).

Hou aan om kinders se lewens so wonderlik te vul met hierdie ervarings by Mooikrans.

Paula



Liewe Tannie Elna,

“Ons gaan kamp op ‘n perde kamp daar naby Amersfoort ….” was my “volks lied” vanaf 2002 tot 2017. In hierdie tydperk het ek altesaam 11 kampe op Mooikrans bygewoon.

Met my eerste kamp in 2002 was ons net sewe kampers en ons het in die Lotz Saal op matrasse op die vloer geslaap met die seuns aan die een kant en die dogters aan die ander kant en ‘n afskorting tussenin. Die Jail House en die seuns en dogters slaapsale het in die volgende vyf jaar bygekom.

Vandag, 17 Julie 2017, amper 10 jaar na my laaste kamp in Desember 2007 het ek oppad na Volkrust, by Mooikrans ingedraai om te gaan hallo sê vir Tannie Elna.

Al die mooi herinneringe het weer by my opgekom: die omgewing met die heuwels, die perde, die honde en die atmosfeer, nog presies dieselfde as 10 jaar gelede, al het daar heelwat aan die terrein verander.

Ek het hier kom leer wie ek is, hoe om met ander mense te werk, hoe om die natuur ten volle te waardeer.

Op skool was ek baie onseker van myself, skaam en teruggetrokke, maar as ek vakansies op Mooikrans was het ek verander, ek was seker van myself en ek kon met selfvertroue nuwe mense ontmoet sonder om skaam en onseker te voel.

Oor die jare het ek heelwat kursusse op Mooikrans gedoen, ek kan nie eers almal onthou nie, maar ek het baie geleer van perde en beeste. Later het ek die Leierskapkursus gedoen en met dit het ek die grootste stuk gereedskap (tool) bekom wat ek vandag nog, en elke dag van my lewe in my werksomgewing gebruik, naamlik konflikhantering.

Tussen Mooikrans se heuwels en grasvlaktes op die rug van ‘n perd het ek altyd God se nabyheid ervaar.  Die Bybel en die lekker saamsing saam met mense wat gister nog onbekend was maar nou vriende geword het. Wonderlike tye!

Ek is nie ‘n goeie skrywer nie en daar is nog soveel meer wat ek wil sê maar ten laastens wil ek net sê: Baie dankie Tannie Elna en Mooikrans vir die positiewe bydra wat julle in my lewe gemaak het

vir ‘n geleentheid geskep het waar ek myself leer ken het en vir my ,wil ek sê, ‘n persoonlikheid laat kry het.

Groete
Leon Susan

 

Proudly created by The Code Company © 2017 [Login][sitemap]