Agri Wetenskappe/ Equus Wetenskappe
MOOIKRANS OPVOEDKUNDIGE EN OPLEIDING INSTITUUT
1. OPLEIDING VAN STUDENTE
* 2 Jaar Landbou Diploma
* 1 Jaar Landbou Sertifikaat
* 1 Jaar Perde Wetenskap
2. OPVOEDKUNDIGE KAMPE VIR KINDERS

Een Jaar Landbou Sertifikaat
Twee Jaar Landbou Diploma
Tersiêre Kwalifikasies
SAQA NS: Diereproduksie, NQF 4
SAQA NS: Plantproduksie, NQF 4
SAQA ND: Diereproduksie, NQF 5
SAQA ND: Plantproduksie, NQF 5

EQUUS WETENSKAP
Perde Wetenskappe Algemeen
Indien die student nie belangstel in terapie nie, maar tog in perde wil spesialiseer, word hierdie rigting aanbeveel. Deeglike kennis van die perd en kennis van al sy behoeftes word verwerf sodat die student aan die einde van die jaar ‘n ware “perdemeester” genoem kan word. Studie duur slegs een jaar maar kan verleng word na twee jaar indien die student ‘n gevorderde sertifikaat wil verwerf.
ACS Distance Education (Australië) se kursusse bied ‘n internasionale kwalifikasie.
Kundigheid en praktiese opleiding besorg ‘n kandidaat ‘n voorsprong wanneer ‘n vakante pos gevul moet word.
Perdondersteunde Terapie en Leer
Indien jy graag ‘n beroep wil volg waar jy kinders met leerprobleme en emosionele probleme ondersteun deur van die perd in die proses gebruik te maak, is Perdondersteunde Terapie en Leer die regte rigting vir jou.
Suksesvolle terapie vereis altyd dat die fasiliteerder ‘n grondige kennis van die perd se geaardheid, versorging, hantering, voeding, en vele ander fassette, moet hê. Die fasiliteerder moet ook oor bogemiddelde ruitervaardighede beskik. Mooikrans se interne kursusse en die opleiding van bedrewe ruiters voorsien in hierdie behoefte.
Strides to Success (Amerika) se kursusse bied ‘n internasionale kwalifikasie.
Die kursus duur slegs een jaar maar indien die student ‘n professionele kwalifikasie wil bekom kan ‘n tweede jaar gedoen word in samewerking met Strides to Success en PATH Int.

OPVOEDKUNDIGE KAMPE VIR KINDERS
Plaas- en Perdry Vakansies
Gedurende Skolevakansies
MOOIKRANS se plaasvakansies vir kinders is ‘n wonderlike oplossing vir lang skoolvakansies, wanneer u kind sonder toesig is, terwyl u moet werk. Ons daaglikse program is vol leersame, opbouende en avontuurlike perdry- en ander plaasbedrywighede, in ‘n veilige omgewing, sonder die televisie en rekenaar!
BEROEPSGERIGTE OPLEIDING EN WERKSGELEENTHEDE
Daar is ‘n groot behoefte onder kommersieële boere met uitgebreide produksie eenhede, om ‘n jong man en/of vrou aan te stel wat die veelvuldige take van ‘n boerdery verstaan en kan behartig. Verantwoordelike jongmense wat kennis en ervaring deur die Mooikans-kursusse ontvang het, is hoog in aanvraag in die landboubedryf.
Gegradueerde studente werk reeds op plase waar hulle ‘n uitstekende advertensie vir MOOIKRANS se gehalte van opleiding is. Sommige van ons studente kry ook werk in oorsese lande en ander gaan voort met hul studies by ander akademiese instansies.
‘n Bonus van ‘n jaar of twee by Mooikrans is die ontwikkeling van elke student se vaardighede. Die jong skoolverlater ontwikkel in ‘n volwasse persoon wat toegerus is met al die nodige kennis, ervaring en emosionele intelligensie om suksesvol in die buitelewe te funksioneer.
Die Equus-studente word opgeraap deur bestaande ryskole weens die geweldige behoefte wat daar aan opgeleide perdeterapeute bestaan.