MOOIKRANS BIED:
  • 1 jaar Landbou Sertifikaat
  • 2 jaar Landbou Diploma
  • Nuut op Mooikrans! 18 mande (3 semester) Landbou Diploma
  • 1 jaar Equus Wetenskap Sertifikaat
  • 1 jaar Perdondersteunde Terapie Sertifikaat

Alle studente is verplig om in te skryf vir die FUNDAMENTELE kursusse wat in elke studierigting aangebied word.

Elke studierigting het sy eie fundamentele kursus.

AGRI WETENSKAPPE

SAQA geakkrediteerde kursusse

  • 1 Jaar Nasionale Landbou Sertifikaat in Plant- en Diereproduksie NQF 4
  • 2 Jaar Nasionale Landbou Diploma in Plant- en Diereproduksie NQF 5
  • 18 maande (3 semester) NQF 5 Landbou Diploma

Die FUNDAMENTELE KURSUS – LANDBOU is verpligtend vir alle Landbou studente.

PRAKTIES
Elke kursus word ondersteun deur ‘n praktiese komponent wat 50% van die slaagsyfer uitmaak. Voltooiing van die praktiese logboek is ‘n vereiste. Mooikrans voorsien van die meeste geleenthede om die prakties te doen.

EQUUS WETENSKAPPE

Internasionaal geakkrediteerde kursusse

  • 1 Jaar Sertifikaat in Equus Wetenskappe (ACS Distance Education, Australië)
  • 1 Jaar Sertifikaat in Perdondersteunde Terapie  ‘Equine Assisted Therapy’ (Strides to Success, Amerika.

Die FUNDAMENTELE KURSUS – EQUUS is verpligtend vir alle Equus studente.

Prakties
Elke kursus word ondersteun deur ‘n praktiese komponent wat 50% van die slaagsyfer uitmaak. Voltooiing van die praktiese logboek is ‘n vereiste. Mooikrans voorsien van die meeste geleenthede om die prakties te doen.