DROOM JY 24 UUR VAN DIE DAG OOR PERDE?

Droom jy daarvan om tussen perde te eet, te leef en te slaap? Hou jy meer van perde as van mense? Wil jy bietjie wegkom en iets anders doen?

Moeg vir boeke en studies? Hou jy van uitdagings? Het jy avontuur in jou bloed?

DAN IS MOOIKRANS EQUUS DIE REGTE PLEK VIR JOU!

Skryf NOU in vir die EQUUS SEMI-KURSUS vanaf  18 Julie tot 18 November vir die avontuur van jou lewe.

KOSTE R48 000

Wat is ingesluit?

Verblyf in ‘n enkelkamer in die White Horse Inn, drie etes per dag in die Saloon, koffie/tee.

Leer ken jou perd: Mooikrans Fundamentele Kursus: “Luister! Jou perd wil met jou praat.”

Uitritte, uitrit oor twee dae, oornag in die veldhut, oorlewing in die veld, noodhulp vir perde en vele meer. Jy kan jou eie perd saambring of van Mooikrans se pragtige perde gebruik.

Afrigting: Western riding, western games, tent pegging, ens.

EQUUS SEMI-KURSUS – LEEF SOOS ‘N COWBOY

Hierdie is ‘n unieke geleentheid om die laaste helfte van die jaar ten volle te benut en iets buitengewoonds te doen.

Indien jy nog altyd daarvan droom om en met perde en beeste te werk en soos ‘n Cowboy te leef, soos ‘n Cowboy perd te ry, perde te leer volgens natural horsemanship, hoewe te doen en jou perd te versorg, is jy op die regte plek.

Vereistes om in te skryf

Liefde vir perde en vir die natuur. Entoesiasme en waagmoed. Geen pieperigheid nie.

Program

Teorie:  Lesings met die tema “Luister! Jou perd wil met jou praat.”

  • Perde versorging en gesondheid – siektes, medisynes en hoewe, noodhulp vir perde

Praktyk: Natural Horsemanship, western games en western riding

  • Afrigting
  • Beeswerk
  • Uitritte met oornag in die veld
  • Bou van ‘n skuiling, oorlewing in die veld, noodhulp vir mense

 

Voltooi die AANSOEKVORM: EQUUS SEMI-KURSUS en stuur aan elna@mooikrans.co.za