MOOIKRANS PLAAS

Plaas vakansies en perdry vakansies

Perdry, avonture & pret

PLAAS VAKANSIES en PERDRY VAKANSIES

  • DATUMS vir 2023: 1-7 Oktober 2023, 2-9 Desember 2023. 
  • KOSTE VIR KAMPE: R3 400 per persoon per week van 6 dae.
  • KURSUS TYDENS KAMP: R250 per kursus.

MOOIKRANS se plaasvakansies vir kinders is ‘n wonderlike oplossing vir lang skoolvakansies, wanneer u kind sonder toesig is, terwyl u moet werk. Ons daaglikse program is vol leersame, opbouende en avontuurlike perdry- en ander plaasbedrywighede, in ‘n veilige omgewing, sonder die televisie en rekenaar!

Perdry en perde is altyd die belangrikste aktiwiteite. Beginners ontvang eers deeglike afrigting en alle ruiters kry die geleentheid om lang ure per dag op die rug van ‘n perd deur te bring.

Alles teen ‘n uiters bekostigbare tarief en met baie goeie waarde vir u geld.