HOE WEET JY OF MOOIKRANS REG IS VIR JOU?

LEES WAT ANDER VAN MOOIKRANS SÊ!

“At the long-standing urging of Elna Wahl  of Mooikrans Educational Institute (South Africa) and after many negotiations with role players in  the Equine Therapeutic Industry, and in collaboration with PATH INTERNATIONAL (Professional Association of Therapeutic Horsemanship), Strides to Success will be hosting a Professional Certificate  in Equine Assisted Therapy and Learning as from January, 2023.”

Debbie Anderson

Executive Director , Strides to Success, America

“Baie welkom aan die studente van MOOIKRANS. Julle is die toekomstige landbouers. Ons sien dat die toekoms van die landbou in goeie hande gelaat kan word.”

Henry Geldenhuys

Nasionale Voorsitter, TLU SA, tydens die Nasionale Jaarvergadering.

“Mooikrans Opleiding is tans die heel beste opsie vir Landbou opleiding in Suid-Afrika. Die hoë standaard en die omvang van hul praktiese opleiding kan deur geen ander instansie nagedoen word nie, nie deur enige ander kollege of universiteit in Suid-Afrika nie.” 

Johann Stassen

International Agricultural Academy for Africa

“MOOIKRANS het my nie net akademies ontwikkel nie, maar het my hele menswees gevorm. Die waardes wat ek daar geleer het, sal altyd deel wees van my.”

Marné du Toit

Student in Equus Wetenskappe, 2022

“Ek bemerk dat MOOIKRANS nie net akademiese opleiding doen nie, maar ook die student in sy totale menswees bedien. Die huisgodsdiens wat saans na ete gehou word en die meelewing en deelname van die studente het my diep beïndruk.” 

Hans Heinze

Gracias for Africa

“Hallo ! Wil net baie baie dankie sê vir die mooi woorde oor ons dogter .. Sy is só gelukkig op Mooikrans, so ek dink alles kom sommer netso vanself ! Báie dankie vir dit wat sy daar kan leer en ervaar. Sy blom ! En daarvan sal ons jou en Mooikrans vir ewig dankbaar wees … “

Trotse Ouers

Mooikrans Student

“My kind het haar kinderskoene ontgroei en ‘n volwassene geword in die tyd wat sy op Mooikrans was. Baie dankie aan Elna en haar span. Ons sien baie uit na nog ‘n jaar of twee saam met Mooikrans.” 

Pieter Faber

Oos Kaap

“Baie dankie vir MOOIKRANS vir die afgelope vakansie. Ek het ‘n baba by julle afgelaai … en ‘n groot seun teruggekry. Ek huil van trots.”

‘n Enkelouer

na ‘n week se PLAASVAKANSIE op Mooikrans